Ek voel die krag van die oseaan,
Verbind met die diepste deel van my.
Sirenix is die onderwaterbaan,
Skielik vlieg ek deur die see so vry.
Dis ’n golf van wonder,
Ek kan vlieg,
Ek swem diep daaronder.
Ek voel die golf van transformasie (Sirenix),
Ek's sterker as ek duik in die blou.
Sirenix jy is die inspirasie (Sirenix),
Die krag van die see is binne in jou.
Die oneindige oseaan
Vloei deur my,
Dis die tyd, kom ons gaan!